Buiten die vele stalletjies met 'n groot verskeidenheid produkte en items wat te koop aangebied was, kon besoekers ook 'n smaakervaring en gebak, volstruisprodukte, mosaïek, water- en olieverf demonstrasies bywoon.
Verder was daar 'n skole skattejag, troeteldierskou, vertonings deur polisiehonde en trompoppies, 'n draadkarkompetisie en sommer 'n klomp items op die arena-program, wat onder meer ingesluit het 'n slaglamkompetisie, perdevertonings en 'n massa aflos.
Sien nog foto's hier.
Lillibet, W.A. en Benjamin Hugo pronk voor Suid-Kaap FORUM se banier. Die Suid-Kaap FORUM en Group Editors was weer hierdie jaar die hoof-mediaborg vir die Heidelberg skou.