STILBAAI NUUS - Die gholfklub bied jaarliks onderskeie gholfborgdae, as deel van die klub se gemeenskapsbe-trokkenheid aan.
Huis Stilbaai se beurt was op Saterdag 29 September.
Die tehuis se Vriende- en Familiekommitee, met Hennie Slabbert as voorsitter, het die reëlings getref.
'n Bedrag van R3 360 is deur Stilbaai-gholfklub geskenk en die Vriende- en Familiekommitee het 'n bedrag van R13 230 geskenk.
Namens Huis Stilbaai bedank hulle die borge en almal wat bygedra het om dit so suksesvol te maak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'