ALBERTINIA NUUS - 'n Fondsinsamelingsgeleentheid op Vrydagaand, 29 Julie ten bate van Huppelland-kleuterskool het goeie vrugte afgewerp.
Die kleuterskool is vanjaar 36 jaar oud en die gebou het heelwat aandag nodig.
Die geleentheid is in samewerking met Woes- tv, 'n interaktiewe program wat regstreeks aanlyn gestroom word, aangebied.
Om die program se kostes te help dek het Huppeland besighede in Albertinia genader en verskeie pryse is gekry waarmee 'n aanlyn veiling gehou is.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'