ALBERTINIA NUUS - Die dam by Albertinia-gholfklub het ‘n algemene swemplek vir plaaslike kinders geword.
Volgens Karools van Rensburg is dit egter nie veilig vir die kinders om daar te swem nie, omdat die water ongesond is.
Hy is ook bang dat ‘n kind mag verdrink omdat daar geen toesig is nie.
Van die kinders het aan Suid-Kaap Forum genoem dat hulle nie 'n ander plek het om te gaan swem nie, omdat die dorp nie oor 'n munisipale swembad beskik nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'