Gallery
HESSEQUA NUUS - 'n Lammetjie wat verlede jaar op 15 Mei die lig gesien het, is deur sy ma weggegooi, blykbaar omdat hy baie swak en klein was.
Die Snyman-gesin het die lammetjie aangeneem en hom geleer om uit 'n bottel te drink.
Sanette het hom Buks gedoop en sy slaapplek was in 'n boks langs haar bed.
Hy het saam met drie honde op die werf grootgeword, maar het die skaaphond, Nala, as sy ma aangeneem en al haar maniere aangeleer.
Fotogalery: Buks die hanslammetjie
Wanneer die huismense dorp toe gegaan het, het Buks saam met die ander honde by die hek vir sy mense gewag om huis toe te kom.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'