HEIDELBERG NUUSFLITS - ’n Familie van vier se viervertrek Wendyhuis is vanmiddag (Woensdag 16 Mei) in ’n brand verwoes.
Dit is in hierdie stadium nie seker wat die brand in die Galant-familie van Johansenstraat se huis veroorsaak het nie.
Geen verdere inligting is tans bekend nie.
Meer inligting volg sodra bekend.
Louise Galant troos haar dogter, Bronwin (13) by die bure se huis.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'