STILBAAI NUUS - Twee jong skoolseuns van Stilbaai, Franco Jacobs (17) en Carlo Johnson (15), is besig om vir hul groot naam te maak in rubberbootwedrenne in Suid-Afrika.
Ná 'n seisoen waar hulle talle gesoute jaers uitgestof het en verskeie podiumplekke losgejaag het, het hulle in die afdeling waarin hulle meeding vir Springbokkleure gekwalifiseer.
Die Groen en Goud sal tydens die wêreldkampioenskap in Februarie 2024 in Port Elizabeth aan hulle oorhandig word.
Franco is 'n leerder aan Hoër Landbouskool Oakdale terwyl Carlo besig is met sy IGCSE Cambridge-kurrikulum.
Foto's: Tronelle Steyl Fotografie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’