HEIDELBERG NUUS - Die Wes-Kaap Bloeddiens besoek Heidelberg op Maandag 12 September.
Hulle doen ‘n beroep op inwoners tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar, wat 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, om bloed te gaan skenk.
Hulle sal vanaf 12:00 tot 17:30 in die stadsaal in Van Riebeeckstraat wees.
Neem kennis dat die datums hierbo bevestig is, maar dat daar wel soms veranderinge kan kom. Skakel 044 874 2074 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'