STILBAAI NUUS - Die personeel van Kasselshoop Kaas buite die dorp was Woensdag 18 Julie reeds vroeg uit die vere sodat hulle betyds 200 toebroodjies, gevul met hul kaas en ander smere kon voorberei.
Dit was deel van hul Mandeladag-vieringe sodat dit aan kleuters en nasorgkinders in Melkhoutfontein besorg kon word.
Dié heerlike toebroodjies is by die Sunbeam-kleuterskool en Ouma Lena se Huis afgegee.
Kasselshoop-personeel met die heerlike kaastoebroodjies.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'