Advertorial
RIVERSDAL SAKENUUS - 2018 het op ’n positiewe noot begin. Die Rand het verder versterk teen die vernaamste geldeenhede, buitelanders het Suid-Afrikaanse aandele gekoop, die JSE opwaarts gedryf en President Ramaphosa het ’n regruk aksie geloots van die ministerie asook staats maatskappye.
Laat ons nie mekaar bluf nie, daar is nog baie werk en baie pyn om al die foute en wanbestuur reg te ruk, maar ons weet ten minste hopelik waarheen ons op pad is. Gee die president en sy span kans en werk saam met hulle. Niks gaan oornag gebeur nie.
Die geld wat die land ingevloei het, is nie direkte investering (bou van vervaardiging aanlegte asook permanente werkskepping) nie en kan maklik weer die land uitvloei. Suid-Afrika sal dus moet voortbou op die goeie wegspring in die Ramaphosa era om die geld in die land te hou en direkte investering te lok.
Gevolglik het die aandelebeurs gestyg met banke en kleinhandelaars die groot wenners. Soos die wêreld maar tans is, was dit van korte duur. Amerika het rentekoerse gelig en alles dui daarop dat daar later in die jaar ten minste nog een en dalk twee maal koerse gelig gaan word. Ter selfde tyd het Suid-Afrika koerse verlaag. Hoewel dit positief moet wees vir ons beurs, gaan ons rentekoers in die teenoorgestelde rigting as Amerika en het dit tot gevolg dat buitelanders hul geld repatrieer.
Nog ‘’n rede vir die repatriasie is die handels “oorlog” wat tans aan die gang is tussen Amerika en China. Hopelik raak daar nie nog lande betrokke nie, want dit gaan internasionale handel skade berokken en kan die wêreld ekonomie, steeds ’n siek pasiënt, verder laat agteruitgaan.
Plaaslik koop ons steeds randverskansers vir ons kliënte asook eiendoms aandele (Growthpoint, Redefine, Emira, SA Corporate) wat sterk dividend betalers is.
Die eiendom sektor van die JSE het die afgelope kwartaal skerp gedaal as gevolg van die aantygings teen Resilient, Nepi Rockcastle en Fortress. Sedert begin April is die bogenoemde 3 maatskappye vrygespreek op ’n interne ondersoek en het ooreengekom om die deurmekaar kruis aandeelhouding te ontlont. Gevolglik het Resilient en Fortress se aandeelpryse met meer as 15% gestyg en Nepi Rockcastle met 7%.
In moeilike tye....
Wanneer ’n mens jou effektetrust portefeulje oordeel, moet jy nie net kyk na die Rand waarde van jou belegging nie. Jou eintlike bate binne effektetrusts is hoeveel eenhede van die betrokke fonds(e) besit word. Oordeel dit net oor ’n minimum van 12 maande, want meeste fondse betaal slegs 6 maandeliks dividende / inkomste. Dus kan die waarde van ’n belegging oor 12 maande gedaal het, maar die hoeveelheid eenhede wat jy as belegger besit kon gestyg het. Wanneer die beurs / bateklas dan weer styg, styg jou oorspronklike eenhede asook jou nuwe eenhede.
Vir die rede lê Boshoff Visser Konsult altyd klem op die inkomste komponent van ‘’n belegging. As voorbeeld die volgende: Die JSE het sedert 1 Januarie 2005 tot 11 April 2018 gemiddeld met 15,28% per jaar gestyg. Indien ons dividende uithaal en net na prysbewegings kyk was die gemiddelde jaarlikse groei slegs 11,90% vir die ooreenstemmende tydperk.
Q2Y18 Wat lê voor...
Onsekerheid rondom die handelsoorlog gaan voortduur en kan oor die korttermyn ‘’n negatiewe invloed op aandele waardasies hê. Hopelik word daar tot ’n vergelyk gekom, want die langtermyn effek van ‘’n handelsoorlog gaan net negatief wees vir almal.
Indien Amerika en Rusland op mekaar begin skiet in Sirië, gaan daar nog meer wisselvalligheid in die mark wees.
’n Wisselvallige JSE. Gelukkig skep dit geleenthede. ~ Guillaume Oberholzer
Boshoff Visser Konsult (Edms.) Bpk. is ‘n geregistreerde finansiële diensverskaffer met FSP lisensienommer: 11968. Kontak ons gerus by 028 754 2009 of www.boshoffvisser.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'