Sponsored Content
SAKENUUS - Die tradisionele Oakdale-Akkerfees word vanjaar weer gedurende die naweek van 8 & 9 Augustus, op die terrein van Hoër Landbouskool Oakdale aangebied.
Ouers, oudskoliere en vriende van die plaaslike skool, asook die besoekende skool sak gedurende hierdie naweek op Riversdal en omgewing toe.
Tesame met die Akkerfees vind die jaarlikse Interskole teen Boland Landbou plaas, met kwaliteit rugbywedstryde wat gespeel sal word.
Vanuit die OOV se verkope lokaal sal ‘n verskeidenheid verversings te koop aangebied word.
Besoekers kan ook ‘n heerlike ontbyt in die Fanie du Toit sentrum kom geniet, terwyl die alombekende “Coffee shop” iets vir die soet- en souttand beloof.
Maak gerus ‘n draai by die Plaasmark wat bydra tot die feestelike atmosfeer. Die tradisionele groente-, vrugte-, en vleisverkope, asook ‘n groot verskeidenheid tuisgemaakte produkte, sal voor die skoolsaal geskied.
‘n Hoogtepunt op die Vrydag kalender is die oudskoliere se wedstryd wat om 16:30 op De Eikeveld plaasvind, terwyl die Oakdale / Boland mammas mekaar die stryd aansê op die netbalbaan om 14:00 in die sportsentrum.
Die Akkerfeesdans en veiling wat Vrydagaand, 8 Augustus, in die Riversdal Skousaal aangebied word, is enig in sy soort. Danskaartjies is aanlyn via Sticitt by die volgende skakel beskikbaar. https://store.sticitt.co.za/LandbouskoolOakdale
Die 2025 Oakdale-Akkerfees beloof om 'n genotvolle sport- en kuierdag te wees vir 'n ieder en 'n elk. Skakel die skool by 028 – 713 2549 / bemarking@oakdale.co.za vir verdere navrae.
RUGBYPROGRAM
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’