Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Die gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) het Donderdag 9 Augustus 'n spesiale oorwinningsfees vir vrouens in die Kwanokuthula-gemeenskap gehou.
Elke vrou wat die fees bygewoon het, het 'n uitnodigingskaartjie ontvang. Beth Paine het 'n sangitem gelewer om die dag vir hulle spesiaal te maak. Sy het ook vir elke vrou 'n banksakkie met verskeie items gegee.
"Die R10-noot in die sakkie simboliseer dat vroue waardevol is. Al frommel jy dit op, dit verloor nie sy waarde nie. Dit maak nie saak wat met 'n vrou gebeur nie, sy bly waardevol," het Paine gesê.
Die skuifspeld simboliseer dat 'n vrou alles bymekaar hou en 'n uitveër dat 'n vrou al die slegte goed in haar lewe moet uitvee.
'n Rekkie simboliseer dat jy as vrou jou volle potensiaal moet bereik.
Van links: Beth Paine, Ewie Snyers, Susan Tarentaal en Reggie Baker.
Vroue geniet hulself.
Lees 'n vorige artikel: GPF bederf vrouens
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'