RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues het Saterdag op hul tuisveld by die Riverville-stadion kragte gemeet met Groot-Brakrivier in drie spannende rugbywedstryde.
Hoewel die Blues-spanne hard geveg het en goeie weerstand gebied het, het Groot-Brak daarin geslaag om al drie wedstryde te wen.
Die A-span het in ’n hoë tempo wedstryd met 29 - 38 vasgeval, terwyl die B-span ook ’n taai stryd gelewer het voordat hulle met 21 - 26 die onderspit gedelf het.
Die C-span se wedstryd was eweneens ’n naelbyt-affêre, maar Groot-Brakrivier het uiteindelik met 38 - 33 geseëvier.
Ten spyte van die nederlae het die Blues-spelers groot vasberadenheid en veggees voor hul tuisondersteuners getoon.
Die klub sal nou daarop fokus om uit die wedstryde te leer en sterker terug te keer in hul volgende ligaverpligtinge.
Die wedstryde het vir opwindende rugby gesorg en ondersteuners van beide klubs met goeie vermaak beloon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’