HESSEQUA NUUS - Intensiewe voorsorgmaatreëls is deur Hessequa-munisipaliteit in plek gestel om toe te sien dat strande en piekniekareas gedurende die feesseisoen streng volgens Covid-19-maatreëls bestuur word.
Didi Budricks, kommunikasiebeampte het gesê die munisipaliteit het verskillende kontrakteurs/firmas aangestel om te verseker dat die strande en openbare fasiliteite aan die vermelde standaarde voldoen.
“Een kontrakteur hanteer slegs die skoonmaak van strande en fasiliteite, terwyl ‘n ander kontrakteur die sekuriteit op die strande behartig.”
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn oor dié maatreëls.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'