Die Filander egpaar, Jan en Senelda, se sitkamervloer het oor die naweek begin wegsak en water het eindeloos ingestroom. Die familie moes haastig die vertrek ontruim soos die gat al groter geword het. Volgens Filander is dit sigwater wat barste in die grond rondom sy huis veroorsaak het. Die barste kon duidelik in hul bure se werf gesien word.
Intussen het munisipale werkers Maandagoggend, 16 Julie die probleem aangepak en die grond binne en buite die huis goed gekompakteer. Volgens 'n werker het die val van die dak die probleme veroorsaak. Slote is ook gegrawe om die water van die dak na die nabygeleë rivierwal te omlei.
Hoewel die goeie reënval wyd verwelkom word moes baie inwoners, veral in informele strukture, rondstaan met al wat 'n emmer is om die water uit hul huise te hou. Inwoners van die nuwe behuisingsprojek moes ook planne buite hul huise maak om dit meer toeganklik vir hulself te maak.

Jan Filander wys hier die groot bars wat na sy bure se werf uitgekring het.
FOTO'S: CLIVE PRETORIUS