HEIDELBERG NUUS - Drie onderwysers, asook die skool se hoof administrasie beampte het einde verlede jaar afgetree. Onderwysers Nelneshia Harmse (31 jaar), Henmury Davids (30 jaar), Gail Adams (21 jaar) en sekretaresse Mariana 'juffrou Koeks' Lutz (34 jaar), het nog nie vaste planne vir hul toekoms nie, maar beplan om voorlopig net hul uittrede te geniet.
Hulle is dit eens dat hulle hul diensjare by die skool geniet het, maar voeg by dat dit baie veeleisend in die moderne era is om onderwys te gee.
Hulle wens hul plaasvervangers en oudkollegas voorspoed vir die toekoms toe.
Van links is Nelneshia Harmse, Henmury Davids, Gail Adams en Mariana Lutz.'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'