HEIDELBERG NUUS - Vir die oorgrote meerderheid van Kairos Senior Sekondêre Skool se graad 12-leerders was gister (Vrydag 21 November) die laaste dag van hul 12-jaar lange skoolloopbaan met die aflê van hul Afrikaans Vraestel 2.
Vir nege van die 72 leerders breek die laaste dag egter eers op Dinsdag 25 November aan wanneer hulle hul finale vraestel, Verbruikersstudie, moet aflê.
Dit was duidelik dat die 63 leerders wat vandag hul skoolloopbaan afgesluit het, in hul noppies was oor die mylpaal wat bereik is. Hulle is alle voorspoed toegewens deur hul prinsipaal, Trevor “Mister Tysie” Februarie, asook die senior personeellede.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’