HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Unitedkrieketklub bevind hulle in ‘n baie benarde situasie sou hulle nie komende Saterdag die mas opkom teen Thembalethu-krieketklub hier op hul tuiste by Kairos nie.
Dit is United se vierde wedstryd waarvan hulle al drie hul vorige wedstryde in die SWDK Garden Route Badgers Promosieliga verloor het.
Dit is die eerste keer in die klub se bestaan dat hulle hulself in so ’n benarde posisie so vroeg in die seisoen bevind.
Indien hulle nie die knoop Saterdag teen Thembalethu deurhak nie, sal hulle seker maar net moet speel vir oorlewing in die liga.
Wat komende Saterdag egter die eerste keer die seisoen in United se guns tel, is dat hulle op volle sterkte behoort te wees.
Nieteenstaande die feit dat United hulself in die swak situasie bevind, is daar darem ook nog lig aan die einde van die tonnel.
Dit is soos ’n paal bo water dat daar vele individuele spelers is met baie talent, waarvan Danielo du Preez, een van die mees talentvolle veelsydige spelers in die Hessequa-streek.
Du Preez het die afgelope twee Sondae aan die SWDK Plattelandseproewe in Oudtshoorn deelgeneem.
Ongelukkig kon die proefwedstryd Sondag nie voltooi word as gevolg van reën en is die laaste proefwedstryd vir Sondag 7 Desember geskeduleer.
Benewens United se wedstryd, vind daar Clive Pretorius United-krieketklub speel vir oorlewing nog twee Promosieligawedstryde Saterdag plaas.
Mosselbaai tuis teen Ladismith en Plettenbergbaai Pioneers tuis teen Ramblers van George.
Die Premierligawedstryde vir Saterdag is soos volg:
(Tuisspanne eerste) • Sussex teen New Dawn Park • Pacaltsdorp United teen George • Union Stars 1 teen Knysna Kavaliers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’