Update
RIVERSDAL NUUS - Die borgtogaansoek van nege van die 12 beskuldigdes, waarvan drie Egiptiese burgers is, is gister, 24 November, weer uitgestel.
Die 12 beskuldigdes word aangekla van die ontvoering en moord op Vivian Hartnick (35) wat op Dinsdagaand, 12 Augustus, uit sy huis in Van Riebeeckstraat, Riversdal, ontvoer en die volgende dag dood op ’n plaaspad net buite die dorp gevind is.
Die nege wat saam met nog drie verdagtes in hegtenis is, staar ’n reeks aanklagte in die gesig, insluitend moord, ontvoering, huisroof, kwaadwillige saakbeskadiging asook besit van gesteelde eiendom.
Die saak is tot Dinsdag 9 Desember uitgestel aangesien geen Egiptiese en Xhosa-tolke beskikbaar was nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’