HEIDELBERG NUUS - ’n Bejaarde man van Heidelberg, wat op aanklag van seksuele aanranding in hegtenis was, is Maandag 24 November op borgtog vrygelaat.
Die beskuldigde (62), ’n bekende in plaaslike reservis geledere, is vroeër die maand in hegtenis geneem nadat ’n jong seun ’n klag van seksuele aanranding by die plaaslike polisie aanhangig gemaak het.
Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Wes-Kaapse Vervolgingsgesag, is die beskuldigde op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Hy mag ook nie met enige minderjariges in aanraking kom nie.
Die saak is vir verdere ondersoek tot Dinsdag 17 Februarie 2026 in die Heidelberg-landdroshof uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’