HESSEQUA NUUS - Al het daar die afgelope week 11 mm reën in Riversdal se opvanggebied uitgesak, staan die Korentepoortam steeds op 97% van kapasiteit.
Die stand van feitlik al die ander damme is onveranderd. Dis net die Duivenhoksdam wat met sowat 1% gedaal het.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
20 Mei
Korentepoortdam - 97%
Duivenhoksdam - 98,9%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 100%
27 Mei
Korentepoortdam - 97%
Duivenhoksdam - 97,9%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’