HESSEQUA NUUS - Hoewel daar die afgelope week 46 mm reën in Riversdal se opvanggebied uitgesak het, staan die Korentepoortam steeds op 97% van kapasiteit.
Vir Junie is tot dusver 38 mm gemeet.
Die stand van feitlik al die ander damme is onveranderd, maar Olive Grove het met 1% tot 96% gestyg.
Die jongste stand van damme:
27 Mei
- Korentepoortdam - 97%
- Duivenhoksdam - 97,9%
- Olive Grove - 95%
- Jongensfonteindam - 100%
3 Junie
- Korentepoortdam - 97%
- Duivenhoksdam - 97,1%
- Olive Grove - 96%
- Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’