RIVERSDAL NUUS - ’n Pragtige dubbel reënboog het vroegoggend oor Riversdal verskyn terwyl sagte reën op die dorp geval het.
Die foto is geneem deur Bart Oosthuizen faktotum van Hoërskool Langenhoven.
Riversdal en omliggende gebiede verkeer tans onder erge droogtetoestande, en die spanning onder boere en inwoners neem dag vir dag toe.
Die onverwagte reën en die kleurryke reënboog word deur baie as ’n welkome teken van hoop beskou.
Dalk voorspel dit beter, natter dae wat voorlê. Wat sê ons lesers?
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’