Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Al kon die Heidelberg Groot Pampoenfees weens Covid-19 nie dié naweek plaasvind nie, was daar tydens die inweeg van die pampoene by die skouterrein Donderdagmiddag 26 Maart geen gebrek aan opwinding nie.
Piet Lotz van Riversdal se pampoen het die Suid-Afrikaanse, asook die Suidelike Halfrond-rekord laat spat met sy pampoen van 860 kg.
Altesaam 62 pampoene is ingeskryf, waarvan uiteindelik 34 geweeg is. Die 15 grootste pampoene, asook die lelikste en mooiste een, het kontantpryse gewen.
Fotogalery: Pampoene ingeweeg vir Groot Pampoenfees
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.