HEIDELBERG NUUS - Hessequa Harmonie word weer van 19 tot 23 September in Heidelberg aangebied.
Soos gebruiklik is daar weer musiek uit die boonste rake, kunstentoonstellings, boekbesprekings, toneelkuns en ‘n kosdemonstrasie.
Niël Rademan, ‘n trotse boorling van Heidelberg en die fees se uitvoerende hoof, sê hulle is opgewonde om groot name van die land se musiek-, teater- en boekkringe by vanjaar se fees te verwelkom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’