GEORGE NUUS - Op 24 Maart hou Die Eden-jaggeweerskietvereniging hul jaarlikse opeskiet by Oppie Plaas in Waboomskraal.
Kloppers borg die pryse. Die totale prysgeld in die verskillende klasse beloop R135 000.
Alle inskrywings moet voor of op 20 Maart plaasvind en kan slegs aanlyn by www.sahuntingrifle.co.za gemaak word.
Inskrywingsgeld beloop R350 per senior en R250 vir junior skuts. Laatinskrywings op die dag sal R400 per senior en R300 per junior wees.
Daar sal ook 'n spankompetisie wees (4 skuts) teen R200 per span. Dié inskrywings sal op die dag hanteer word.
Alle inskrywings sluit aandete in.
Om vooraf vir verblyf te bespreek besoek die webwerf.
Die dagprogram is as volg:
- 07:00 - 08:25 - Inskiet van gewere. (Inskietbaan sluit om 08:25)
- 07:00 - 08:30 - Registrasie.
- 08:30 - Formele opening wat deur alle skuts bygewoon moet word.
- 09:00 - Kompetisie begin.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'