Suid-Kaap Forum en Group Editors Pty Ltd was hierdie jaar die mediaborg en hoewel 'n span ook ingeskryf het, het almal Saterdagoggend onttrek weens die modderige toestande. Lorraine Verhagen (Group Editors-bemarking) het verduidelik dat fietse groot skade opdoen met modder.
Ongeveer 70 deelnemers was egter braaf genoeg om die 20 en 40km roetes aan te pak. Die resies het afgeskop en geëindig by die Baleia Bay wynkelder langs die N2 buite die dorp.
Ruan Oostenbrink was die eerste man oor die eindstreep en Tania Scribante die eerste vrou. Riaan Moag (roete organiseerder) het na afloop van die ren genoem dat die ryers die roetes geniet het. "Ja, dit was erg modderig, maar
dit was 'n lekker uitdaging vir ryers wat voorberei vir die Karoo to Coast wat binnekort plaasvind."
