HESSEQUA NUUS - Vlak 1 waterbeperkings word vanaf 1 September in die streek ingestel en sal streng in terme van die Water Verordering van Hessequa-munisipaliteit reguleer word.
"Die impak wat die droogte op ons damme het, maak die waterbeperkings noodsaaklik in al die dorpe in die streek," sê die munisipale bestuurder, Johan Jacobs.
• Die natmaak van tuine word slegs vanaf 16:00 tot 18:00 toegelaat.
• Spreiers word toegelaat, maar tuinslange mag nie sonder toesig gebruik word nie.
• Afspuit van plaveisel en sementoppervlaktes word nie toegelaat nie.
• Die afwas van sekere oppervlaktes in karwasdienste, slagpale en persele vir die voorbereiding van voedsel word van hierdie bepaling vrygestel.
• Voertuie, bote en karavane moet met emmers gewas word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Suid-Kaap nuus'