Met navraag aan die skoolhoof, André Latsky, noem hy dat daar gelukkig niemand beseer is nie en daar was ook geen noodgevalle nie. Latsky vertel: "Die bus is om 12:00 in die busloods geparkeer nadat dit gebruik is. Om 13:25 het 'n personeellid rook opgemerk in die busloods".
Volgens hom was die bus binne 'n paar oomblikke in vlamme gehul. "'n Groep leerders het die brand met brandblussers en twee vuurslange van afsonderlike vuurkrane probeer blus, wat teen hierdie tyd reeds dakhoogte was nadat die dak van die stoor en dakkappe gebrand het".
Die bus is met 'n trekker en trekstang uit die busloods gesleep aangesien die agterkant op hierdie stadium steeds vlamvry was, asook om verwoesting van die hele stoor te verhoed.
"Die vlamme in en rondom die bus is direk hierna met die vuurslange geblus".
Hessequa nooddienste het met twee voertuie opgedaag by die skool en het gehelp om die brand te blus. Personeel van die nooddienste het ook vir die res van die dag die gebou gemonitor ten einde te verhoed dat die vuur weer opvlam. Buiten die bus wat heeltemal uitgebrand het, is veral die dakkappe en sinkplate van die stoor en motorhuis beskadig."Die skool se versekeraars is reeds besig met die aangeleentheid".
Marlene Nqumse, media woordvoerder vir Eden Rampbestuur het bevestig dat die oorsaak van die brand tans onbekend is. Sy noem dat brandweerpersoneel die stoor beveilig het en alle toerusting waaronder sleepwaens en sproeipype na buite gedra is. "Die personeel het gebruik gemaak van die brandkrane op die skoolterrein om te help met beveiliging, asook die bestryding van die brand. Nadat die toneel beveilig was het brandweerpersoneel om 15:00 afgestaan en teruggekeer na die stasie".
LEES 'N VORIGE NUUSFLITS
*IN SHORT
A school bus of the Oakdale Agriculture School, completely burned out due to unforseen circumstances. The 28 seat school bus was parked on the school grounds when the fire started. Learners acted quickly to extinguish the fire, but the local Fire Brigade made sure that the area was safe and the fire completely extinguished. André Latsky, Principal at the Agriculture School commented that luckily no one was hurt.
FOTOGALERY
MC du Plessis, Kleinjan Marais, MJ Rafferty en Coenraad Strydom het dadelik ingespring om die brand te blus.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'