Volgens kapt. Bernadine Steyn, mediawoordvoerder van die Suid-Kaap is die hofdatum 'n voorlopige hofdatum vir 'n pleit ooreenkoms. Sy het ook bevestig dat daar wel vier nuwe klagtes van beweerde bedrog gelê is, maar dat niemand nog amptelik hieroor aangekla is nie.
Sersant Piedt, die ondersoek beampte in die saak was Dinsdag, 9 Oktober in gesprek met die plaaslike polisie oor die nuwe klagtes. Volgens adjudant offisier Tekkie Grebe is al vier klagtes sake van beweerde bedrog ten bedrae: twee klagtes van R325 000, een van R120 000 en 'n verdere klag van R375 000. Die sake word op die klagstaat teen Grobbelaar bygevoeg. Die klagstaat van beweerde bedrog- en diefstal teen hom staan tans op 17 sake.
Die handelstak het die volgende sake teen Grobbelaar ondersoek:
- Klag een en twee: Beweerde bedrog van R425 000 (masnommers 34/6/2011 en 28/6/2012);
- Klag drie: Beweerde bedrog van R140 000 (masnommer 56/7/2011);
- Klag vier: Beweerde bedrog van R1 1 000,00 (masnommer 31/5/2011);
- Klag vyf: Beweerde bedrog van R17 000 (masnommer 61/7/2011);
- Klag ses: Beweerde bedrog van R7500 (masnommer 58/8/2011);
- Klag sewe: Beweerde bedrog van R915 000 (masnommer 44/32012);
- Klag agt: Beweerde bedrog van R900 000 (masnommer 97/5/2012);
- Klag nege: Beweerde diefstal van R71 427 (masnommer 65/6/2012);
- Klag tien: Beweerde diefstal van R50 000 (masnommer 64/6/2012);
- Klag 11: Beweerde bedrog van R175 000 (masnommer 63/6/2012);
- Klag 12: Beweerde bedrog van R50 000 (masnommer 4/7/2012);
- Klag 13: Beweerde diefstal van R25 000 (masnommer 3/7/2012);
- Klag 14: Beweerde bedrog van R325 000 (masnommer 36/10/2012);
- Klag 15: Beweerde bedrog van R325 000 (masnommer 37/10/2012);
- Klag 16: Beweerde bedrog van R120 000 (masnommer 38/10/2012);
- Klag 17: Beweerde bedrog van R375 000 (masnommer 39/10/2012).