Die projek se enorme skanskorf was juis een van die grootste uitdagings daarin. Die Duivenhoks/Goukou 'Working for Wetlands'-projek is geïmplementeer deur CapeNature (Garden Route conservation services, Riversdale Hessequa area) en word bestuur deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit Instituut (SANBI) met insae van Departement Landbou.
Die projek bestaan uit die uitwissing van indringergewasse in die Goukourivier opvangsgebied, asook die bou van die skanskorf struktuur in die Duivenhoksrivier. Die projek vorm ook deel van die 'Extended public poverty relief' program (EPWP). Volgens Rhett Hiseman van Riversdal CapeNature gaan ongeveer R2 miljoen spandeer word in die 2012/2013 begrotingsjaar met die projek.
Op 22 Junie is sertifikate oorhandig deur mnr. John Dini van SANBI aan die persone betrokke by die projek. Dit verskaf sedert 2006 werk aan tussen 22 tot 33 mense en word daar ook aktief deur middel van die projek ontslae geraak van indringerbome in die sisteem. Dit dra daartoe by dat verhoogde watervloei moontlik gemaak word en natuurlike plantegroei word 'n kans gegun om weer te vestig op die rivierbanke.
Vleilande is van kardinale belang aangesien dit soos natuurlike damme funksioneer. Tydens swaar reën suig die vleilande die water op soos 'n spons en stel dit stadig vry deur die res van die jaar. As die vleilande nie daar is nie, spoel al die water dadelik weg.
Die eerste struktuur is in 2009 voltooi in die Goukou vleilande.
In 2010 ontvang die projek die nasionale 'Best projects award'. Die kompetisie was tussen ongeveer 50 landswye projekte. In 2011 ontvang dit 'n tweede plek in die 'Best project awards'.
CapeNature dra ook deesdae die belangrike boodskap rondom vleilande uit deur middel van interaktiewe poppespel, 'Fifi die vleipadda' en 'Pollie Palmiet', aangebied deur Celeste Lorriston. Hessequa munisipaliteit is die borg vir hierdie jaar se reeks poppespel opvoerings wat in Augustus afskop.

Die groep werkers wat betrokke is by die Duivenhoks/Goukou 'Working for Wetlands'-projek, glimlag breed vir die kamera.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS