Dit sluit in verwante produkte in uitsonderlike omstandighede en uitsluitlik vir medisinale en navorsingsdoeleindes. Dié riglyne is ’n voorloper van die wetsontwerp op mediese innovasie wat daarop gemik is om die medisinale gebruik daarvan te wettig.
Die wetsontwerp is vir die eerste keer voorgestel deur die IVP-LP Mario Ambrosini, wat in 2014 aan kanker dood is. Ingevolge die riglyne kan die Medisynebeheerraad 'n lisensie om dagga vir medisinale doeleindes te kweek aan ’n applikant toestaan. ’n Permit moet deur die departement van gesondheid uitgereik word.
Volgens die Medisynebeheerraad het 'n klein, maar toenemende aantal bewyse aan die lig gekom wat beweer dagga kan medisinale waarde hê vir pasiënte in toestande waar ander behandeling misluk het.