HESSEQUA NUUS - Nog 'n jaar het aan sy einde gekom en almal is opgewonde oor Kersfees en die feesgety.
Almal is nie bevoorreg om met vakansie te kan gaan nie.
Die wat wel kan, moet dit geniet.
Net 'n paar veiligheidswenke: maak seker dat iemand na jou perseel kyk of dit bewoon, of gee die adres by die polisiestasie op wat dit op 'n gereelde basis sal besoek en u in kennis sal stel van enige ongerymdheid.
Wees veilig as u reis en kom liewer laat by u bestemming aan as nooit.
As polisiestasie het ons verskeie uitdagings gehad. Dankie aan al my lede, buurtwagte, reserviste, kantoorpersoneel, asook aan die plaaslike GPF-lede en traumawerkers wat hul tyd vrywillig opgeoffer het.
'n Groot dank aan die gemeenskap vir hul bydrae tot die hulp met bekamping van misdaad.
Dankie aan die gades en gesinne van lede vir hul ondersteuning aan hul mans en vroue in blou.
Hierdie tyd is gewoonlik waar persone se swaarverdiende geld maklik geroof en gesteel word. Ons het reeds 'n paar gevalle gehad waar dit voorgekom het. Wees verantwoordelik as u alkohol gebruik en hou matigheid voor oë.
Moenie drink en bestuur nie - lewe is kosbaar en kan nie vervang word nie. Misbruik van drank veroorsaak gewoonlik verdriet.
Heidelberg-polisie heet alle besoekers welkom in ons stasiewyk en hoop dat julle veilig sal wees en die omliggende strande sal geniet.
Aan alle inwoners van Heidelberg, Witsand en Slangrivier wens ons 'n baie voorspoedige 2018 en geseënde Kersfees toe.
Geniet dit in die regte gesindheid.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'