MOSSELBAAI NUUS - Die Hartenbos Seefront is 'n groot aanwins vir die reeds immergewilde strandoord.
In Desember kan vakansiegangers en ander besoekers uitsien na heerlike inkopie-ervaring, lekker restaurante asook daaglikse vermaak vanaf 16 Desember tot 7 Januarie wat in die Seefront se arena sal plaasvind. Vanaf 14:00 daagliks gedurende hierdie periode, is daar sangers wat optree asook kindervermaak.
Moet ook nie die opwindende vuurwerkvertoning mis wat op Oujaarsaand, 31 Desember in die Hartenbos Seefront se pretpark sal plaasvind vanaf 23:30 nie.
Vir meer inligting, besoek www.hartenbos-seefront.co.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'