Advertorial
RIVERSDAL SAKE NUUS - Riversdal Slaghuis is reeds sedert Junie vanjaar in die bekwame hande van die nuwe eienaar, Sylvia van der Merwe en haar raakvat-span se hande.
Dennis Steyl, blokman/bestuurder, is geen onbekende in die dorp nie en het 37 jaar ondervinding in die vleisbedryf. Sy leuse is goeie diens, goeie kwaliteit en mededingende pryse. “Kom vergewis uself gerus en stel ons op die proef,” nooi hy.
Hy word bygestaan deur ‘n blokvrou, Kleintjie Saayman, wat self baie jare ondervinding agter haar het – ook in dié slaghuis. Andelene Pieterse, slaghuis-assistent glo goeie diens begin ook met ‘n glimlag en goeie diens.
Besoek gerus die slaghuis in Durbanstraat 62 vir onder andere hul groot verskeidenheid wors, lekker biefstuk en alle ander vleissnitte, biltong, chilli bites, bacon bites en ‘bliksempies’ (gerookte brandwors).
Vir bestellings of enige navrae: 078 834 7558.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'