Meyer Bosman, afkomstig van Riversdal is 'n losskakel vir die klub Stade Fraincais waar een van die selfmoordbom-aanvalle gebeur het. In gesprek met sy ma Erna, verduidelik sy dat dié klub Frankryk se hoofstadion is en speel Bosman by 'n ander stadion buite Parys.
"Hulle het Vrydagaand 'n Heinekin Cup wedstryd in London gespeel, so gelukkig was hy nie by die stadion nie. Ons was erg bekommerd, want my skoondogter en kleinkind was alleen in Parys toe dit gebeur het en kon ons haar nie dadelik in die hande kry nie. Die komende naweek speel hulle reeds weer 'n wedstryd in Parys en bly dit maar in mens se agterkop."
Indien daar inwoners is wat familie of kinders in Frankryk het wat bereid sal wees om met die koerant te praat, kontak louisem@groupeditors.co.za