Connect@ your library fokus veral op die jeug en om 'n veilige plek te skep vir interaksie met mekaar, asook om te leer.
Van die land se 1 993 publieke biblioteke is 361 geleë in die Wes-Kaap met 1.1 miljoen geregistreede biblioteek gebruikers in die provinsie.
Anton Bredell, minister van sport en kultuursake beklemtoon in 'n persverklaring die noodsaaklikheid van biblioteke in gemeenskappe. "Biblioteke offer 'n platform om kulturele, opvoedkundige en ontspannings waardes tuis te bring by gemeenskappe."
"Daar is in die 2015/16 finansiele jaar R304.875 miljoen toegestaan aan biblioteke. Een van ons grootste uitdagings is egter om die enorme aanvraag vir biblioteekdienste en fasiliteite aan te spreek terwyl ons begroting krimp."
