'n Groot aantal grafte het erg onder vandale deurgeloop en boonop wei bokke oral tussen die grafte rond en vreet selfs blomme wat op grafte geplaas is.
Die leser wou weet of die plaaslike munisipaliteit enigiets aan die situsie gaan doen. "Vir ons wat blomme op geliefdes se grafte sit, is dit 'n bitter pil om te sluk."
Die Suid-Kaap FORUM het reeds by verskeie geleenthede oor die toestand van die begraafplaas berig. Dit is intussen vergroot, maar vandalisme van grafte duur voort.
Ons joernalis Louise Mouton was geskok toe sy die twee begraafplase vanoggend besoek het.
"Buiten dat talle grafte hier ook geskend en grafstende gebreek is en rondgestrooi lê, was dit ook duidelik uit vullis en leë drankbottels wat tussen die grafte lê dat die gebied gebruik word vir 'n kuier- en drinkplek. Dit laat die vraag ontstaan of respek vir die laaste plek van rus en eerbetoon aan gestorwenes ontbreek," sê Mouton.
"Dat grafstene doelloos en sonder rede platgestoot en gebreek word, is kommerwekkend."
Lees haar berig in Donderdag se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.
Klik hier vir 'n fotogalery.
