Rdl Chris Taute, wyksraadslid, veg tans vir die saak van Este de Kock en 'n bejaarde Alzheimerleier, Charlotte Plaatjies (71).
Volgens Taute en die ANC word hulle menswaardigheid ernstig aangetas in die manier waarop hulle deur die Hessequa Raad behandel word. "Die twee vroue het by die raad aansoek gedoen vir die aanbring van rolstoelopritte, waarna dit op tender uitgesit is. Die eindprodukte was 'n totale mislukking en beide vroue het al met hul rolstoele geval as gevolg van die gebrekkige aard van die werk," het Taute gesê.
Suid-Kaap FORUM het die persele Maandagoggend, 8 Desember saam met Taute besoek. By De Kock se huis lei die oprit na 'n venster en geen reling of enige vorm van beskerming is aangebring ingeval 'n persoon in 'n rolstoel sou val nie.