Die ANC het 49.35%, die DA 45,46% en die VF+ 5.19% behaal. Die ANC en DA het beide 8 party-sitplekke op die Hessequa Raad bekom en die VF+ een, wat beteken slegs 'n koalisie sal die raad kan bestuur.
Johan Jacobs (munisipale bestuurder) het die proklamasie bevestig, asook dat die eerste raadsvergadering op Dinsdag 16 Augustus om 12:00 sal plaasvind.
Die nuwe burgemeester, onder-burgemeester en speaker sal dan bekendgemaak word.