Die geleentheid was die voorloper tot die skool se karnaval hierdie naweek vanaf Vrydag, 23 tot Saterdag, 24 Augustus by Riverville stadion, waarvan die gelde wat geïn word, aangewend sal word om die vierkant in die skool wat tans as 'n saal gebruik word, toe te bou om ook as 'n klaskamer te kan dien.
'n Vol program met verskeie gaskunstenaars so tussendeur die gepronk van die skoonhede en gespierde manne, het gesorg dat daar nie 'n vervelige oomblik is nie. Hiervoor was me. Carmen Karelse en haar span verantwoordelik, 'n taak wat hul uitstekend verrig het. Simply Smooth, 'n baie jong maar talentvolle plaaslike orkes waarvan die orkeslede aan onderskeidelik Gerrit du Plessis Senior Sekondêr en Hoërskool Langenhoven verbonde is, het vir die musiek gesorg.
Denovan Wannenberg (ook van Gerrit du Plessis), Adel de Lange (Hoërskool Langenhoven) en Ricky Stahl (uit Voorwaarts se geledere) is die ander gaskunstenaars wat opgetree het. " 'n Groot dankie aan elke opvoeder wat meegehelp het om van die geleentheid 'n genotvolle aand te maak. Met die talent van ons skool se leerders was dit 'n aand om te onthou," het die hoof, me. Beukes gesê. Op haar beurt het Karelse gesê dat die aand 'n reuse sukses was en het sy ook die span, asook die ouers bedank wat dit moontlik gemaak het.
* Belangstellendes wat nog stalletjies wil huur, kan vir Sandra by 028 713 1695 of 082 542 6816 skakel. Die gemeenskap, ook van omliggende dorpe word genooi om die skool met hierdie projek te ondersteun, omdat dit vir 'n baie goeie doel is. Die karnaval begin Vrydag om 14:00 tot 22:00 en Saterdag vanaf 09:00 tot 22:00. Die skool beloof 'n vol program met ritte, kosstalletjies, sport, skoonhede en trompoppies.

Simply Smooth se orkeslede bestaan uit van links Willnethane Caralissen, André Bamberger, Willeski Caralissen en Eugene Caralissen (nie in foto). Inlaste van links: Ricky Stahl (Voorwaarts Primêr), die graad 7-dansgroep en Denovan Wannenberg (Gerrit du Plessis Sekondêr). Foto's: Wilma Adamson.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'