Wednesday 05:17
clear sky
Tomorrow:
broken clouds 19°
Riversdale
Meghann Bouwer van Riversdal Toyota is besig met haar volgende projek - om Miernes Speelgroep se mure buite om te verf. "Ek is 'n Toyota Knight en om deel te wees van die program moet ek aan sekere kriteria voldoen soos kliënte tevredenheid, produksie, markaandeel en betokkenheid in die gemeenskap, saam met die handelaar en onafhanklik," vertel Bouwer. Volgens haar stuur sy elke jaar 'n 'Portfolio of Evidence' in en moet jaarliks weer verkies word. Sy is die afgelope vier jaar 'n Toyota Knight en het vir drie jaar aaneenlopend, vanaf 2012 tot 2014 die 'Toyota Customer Experience Knight of the year' gewen. "Ek ontvang jaarliks 'n bedrag geld van Toyota SA wat ek dan vir 'n projek van my keuse gebruik. Hierdie geld dek nie alles nie, so ek en Riversdal Toyota finansier dan die res van my groot projek."
Suid-Kaap Forum proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Suid-Kaap Forum