HEIDELBERG NUUSFLITS - 'n Heerlike melktertresep deur 'n bekende en geliefde inwoner, Ella Badenhorst verskyn tans in ‘n Amerikaanse kookboek - en is die moontlikheid nie uitgesluit dat dit selfs in die Withuis bedien kan word nie!
Die kookboek, 'Cook like a man' is deur Fritz Brand geskryf en saamgestel.
Sy pa, Vic noem dat Fritz 'n 'blog', naamlik 'Real men can cook' gehad het wat ‘n uitgewer in Amerika se oog gevang het.
"Hulle was baie beïndruk met sy werk en het hom sowat drie jaar gelede gevra om ‘n resepteboek saam te stel wat op Amerikaanse mans gerig is," vertel hy.
Ella is bekend vir haar smullekker eetgoed, gebak en pasteie. Hierdie smaaklike geure gaan so ver as die sewentiger jare terug toe sy ‘n winkel op die dorp gehad het.
Die boek stel enigiemand wat probeer kook, gerus om nie so geïntimideerd oor kosmaak te voel nie. Die skrywer moedig jou aan om te probeer, al maak jy foute.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'