STILBAAI NUUSFLITS - ‘n Afgetrede predikant, Willem Jacobs en sy seun, Johan, inwoners van dié dorp, is deur Laingsburg-polisie op aanklag van bedrog gearresteer.
Hulle het op Laingsburg in die hof verskyn.
Stilbaai-stasiebevelvoerder, kapt. Johan van Tonder het bevestig dat Jacob sr. op borg vrygelaat is.
Deel van die borgvoorwaardes is dat hy by Stilbaai-polisie moet gaan aanmeld.
Die saak word deur Laingsburg-speurtak ondersoek.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'