Video
STILBAAI NUUS - Die brand wat gister (Vrydag 28 Julie) op Kransfontein buite Stilbaai ontstaan het, is redelik onder beheer hoewel daar nog 'n paar 'hotspots' is wat smeul en wat tans dopgehou word.
Adneshel Voss (hoof: Beskermingsdienste, Hessequa Munisipaliteit) het vanoggend aan Suid-Kaap Forum gesê dat die brand om ongeveer 14:00 ontstaan het en dat hulle onverpoosd werk om dit onder beheer te bring.
‘n Tydelike werkstasie is by die Bistro langs die rivierpad ingerig waarvandaan sake gemonitor en die beste moontlike maniere om te verhoed dat die brand weer opvlam, bespreek en tot uitvoer gebring word.
Deon van Wyk, adjunk-hoof van Eden-distriksmunisipaliteit Brandweer, verduidelik in die video hieronder wat hulle sedert gister gedoen het en wat vir die dag beplan word.
Lees 'n vorige artikel: Brand woed voort
VIDEO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'