WITSAND NUUSFLITS - 'n Water ontsoutingsprojek is vir dié kusdorp geïdentifiseer.
Hessequa-munisipaliteit het die Hessequa Innovasie Helix in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch geskep om innoverende oplossings te implementeer.
Koste verbonde aan die implementering van die projek beloop R9 miljoen, waarvan die Franse Tesourie aangedui het dat hulle 50% van die voorgestelde aanleg kan finansier.
Die munisipaliteit het aansoek by die Wes-Kaapse droogtehulpfonds vir plaaslike regering gedoen om die oorblywende 50% befondsing te bekom.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'