RIVERSDAL NUUSFLITS - 'n Onderwyseres van Panorama Primêre skool staar klag van aanranding in die gesig omdat sy na bewering 'n 10-jarige leerder met ‘n bloekomlat geslaan het.
Sers. Edwina Heskwa, kommunikasiebeampte van die Riversdal-polisie het bevestig dat 'n saak van aanranding teen 'n onderwyser op Vrydag 25 Augustus aanhangig gemaak is.
Die pa van die seun het in 'n onderhoud aan Suid-Kaap Forum gesê dat sy seun Donderdag gedurende pouse vir hom springmielies gekoop het, maar hy kon dit nie opeet voor die klok gelui het nie en het hy dit onder sy sweetpakbaadjie ingedruk.
In die klas het daarvan op die grond geval en het hy dit opgetel, in sy sak gedruk en sy vingers afgelek.
“Die onderwyser het dit gesien en vermoed dat hy in die klas geëet het, waarop sy hom met 'n dik bloekomlat oor sy hande begin slaan het," het die pa vertel.
Volledige berig in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'