STILBAAI NUUS - Sakkie en Rona Nel, eienaars van Stilbaai-hondehokke het besluit om na 23 jaar die bedryf vaarwel toe te roep.
Rona vertel dat hul dit baie geniet het, maar dat hulle nou hul oudag wil geniet.
“Dit het baie van ons vrye tyd gevat, want die behoefte vir veilige huisvesting vir troeteldiere is groot.”
Sy het destyds ‘n kursus in hondeversorging (grooming) geloop en dis waar die gogga haar gebyt het. Hul het eers met 15 hokke begin, maar vandag is daar reeds 40 hondehokke en ses hokke vir katte.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'