RIVERSDAL NUUSFLITS - Die jaarlikse Kansa Relay for Life het Donderdagaand 27 Julie met ‘n stylvolle funksie afgeskop.
Volgens die KRL voorsitter, Elfrieda Pieterse is sy tevrede met die aand se goeie opkoms.
“Ek glo hierdie jaar se Relay for Life gaan weereens ‘n baie groot sukses wees.”
Die bestuur het almal pers gedra om hul tema uit te beeld. Vir enige navrae skakel Pieterse by 072 374 8025.
Jemenica Cupido, Melonie Pretorius, Jordan Mdzwana en Julian Davids was die dansers wat die gaste die aand met hul danspassies beïndruk het.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'